Bedieninge

Waar jy
kan inskakel

Vier pilare wat alles wat ons doen rig, en spesiale ruimtes vir elke geslag in ons gemeente.

Ons Vier Pilare

Die fondament van
ons gemeente

Aanbidding

Pilaar 01

Aanbidding

Aanbidding is meer as musiek — dit is 'n lewenshouding van oorgawe aan God. Sluit aan by ons aanbiddingspan of kom geniet eredienste op Sondae.

Omgee

Pilaar 02

Omgee

Ons glo niemand moet alleen wees nie. Deur omgeegroepe, kleingroepe en pastorale sorg bou ons 'n familie wat mekaar dra.

Gestuurdheid

Pilaar 03

Gestuurdheid

Ons is gestuur na ons buurte, werkplekke en die wyer Swakopmund-gemeenskap om hoop en die evangelie te bring.

Dissipelskap

Pilaar 04

Dissipelskap

Saam groei ons in ons kennis en liefde vir Jesus deur Bybelstudie, mentorskap en geestelike vorming.

Vir Elke Geslag

Familie-bedieninge

Kleuterkerk

Kleuterkerk

Sondag 09:00 (oggend). Geen gedurende skoolvakansies nie.

Jeugkerk

Jeugkerk

Junior Jeug 10:00 (Soggens) · Senior Jeug 18:00 (Saans). Skoolkwartale.

Kieriekerk

Kieriekerk

Woensdae 10:30 by Swakopmund Retirement Village. 'n Spesiale plek vir ons senior lidmate.